maandag 3 mei 2010

Die koms van ons Vader is naby

We ontvingen onderstaand bericht via een goede vriendin en geven het graag door.

Liewe Almal-vir-wie-ek-lief-is,
Lees net bietjie hier.
Ek sal bittergraag vir almal self wil vertel maar weet ek sal nie by almal uitkom nie. so ek gebruik maar die tegnologie…
Ek het gister van ‘n getuienis gehoor en dit was vir my net “unreal”. Omdat daar soveel stories die rondte doen, het ek bietjie rondgebel en kan met eerlikheid sê dit wat ek hier skryf, is die waarheid – ek het bevestiging gekry dat dit wel gebeur het.
‘n Vrou was net na Paas naweek oppad Pretoria toe. Sy tel NOOIT iemand op langs die pad nie en het die oggend gevoel sy gaan ‘n man langs die pad kry en sy moet die ou oplaai. Sy was eers huiwerig en het gebid en vir God gevra dat as Hy wil hê sy moet hom oplaai Hy vir haar ‘n bevestiging moet gee. Die Heilige Gees het vir haar bevestig dat die man sal ‘n boek in sy hand hê. Sy het verder aangery en na ‘n rukkie ‘n man MET ‘N BOEK IN SY HAND langs die pad sien staan en gestop. Die man het in geklim maar nie ‘n woord gesê nie.
Sy het toe maar begin ‘n geselsie aanknoop maar steeds het die man nie ‘n woord gesê nie. Voor Pretoria was daar toe ‘n padblokade en sy het vir die man gesê: “ek hoop nie jy is haastig Pretoria toe nie want ons gaan nou ‘n rukkie hier wees”.
Die man het na haar gedraai en sy oop hand (bedoelende al 5 vingers wys na bo…) so ± 10cm voor haar gesig gehou en vir haar gevra: “SIEN JY MY HAND”. Die vrou was half verbaas met die snaakse vraag en het net “JA” geantwoord… die man het toe verder aan haar gesê: “SO NABY AS WAT MY HAND AAN JOU GESIG IS, NADER AS DIT IS DIE KOMS VAN JESUS CHRISTUS”! Die vrou het begin bewe van skok en toe sy weer na die man in haar kar kyk toe is hy weg!!
Sy was so in skok dat sy vir die polisie man / verkeers polisie gesê het sy wil net bietjie aftrek want syt skoon die bewerasies. Sy vertel die hele storie toe vir die polisie/verkeerspolisie waarby hulle toe antwoord: “MEVROU JY IS DIE 7DE EEN WAT DIT VIR ONS VERTEL”!
Die vrou met wie ek nou oor die foon gepraat het het ook aan my genoem dat daar was presies so geval op die Johannesburg pad ook! (het nie enige inligting ivm die geval nie)
Die Woord sê dat die koms van Jesus soos ‘n dief in die nag sal wees, (maw niemand gaan dit verwag nie). moenie dat jy onverwagse voor God moet staan en vir Hom sê: Ek het nie gedink die wederkoms bestaan regtig nie of Ek het nie gedink dit gaan so vinnig gebeur nie of ek het gedink ek is nog jonk ek sal my lewe later reg maak nie. Dit gaan te laat wees.
Sal graag almal wat ek ken, by die werk, al my vriende en familie saam my eendag by my Pa in die Hemel wil sien!

Geen opmerkingen:

Een reactie posten