woensdag 12 mei 2010

Meer verschijningen van engelen in Zuidelijk Afrika

Moet jou net eers vertel! Vroeër vanoggand het 'n vriend van Coenie by die Excell garage se quick shop ingehardloop om koeldrank te koop. Hy sien toe 'n vrou in spierwit klere en maak 'n grappie met haar met haar en vra "wanneer is die troue ..." Sy antwoord hom:" die bruilof is vinniger as wat jy besef, as jy jou oë knip is dit tyd. Ek sien jy is 'n man van God en die Heilige Gees is baie by jou, want jy en jou vrou bid baie." Sy gee hom toe 2 bybel versies - Openbaring 19:7-9 en Matteus 25, om te lees. Toe is sy weg. Hy vra vir 'n man daar naby of hy gesien het waarheen die vrou is met wie hy nou net gepraat het, en die antwoord toe dat hy niemand gesien het
nie!

Openbaring 19:7-9

"Laat ons bly wees en juig en aan Hom die eer gee,
Want die bruilof van die Lam het aangebreek,
En sy bruid het haar daarvoor gereed gemaak.
God het haar dit vergun om fyn, helder blink klere aan te trek.
Hierdie fyn klere is die regverdige dade van die gelowiges.
Toe sê die engel vir my:" skryf op: Geseënd is hulle wat na die
Bruilofsmaal van die Lam uitgenooi is."
Verder sê hy vir my:"Dit is die woorde van God, en hulle is waar.""

Matteus 25 is die gelykenis van die 10 maagde met die olielampies!

Wat hy agterna onthou wat sy vir hom gesê het is dat kan ons nie sien die dae het baie korter geword nie, God het die tyd verander sodat Sy koms vinniger kan kom, want Sy mense kry baie swaar. Ons moet kyk na die Morester, sy posisie het geskuif! Die blou lug wat jy nou sien sal jy een van die dae nie meer sien nie.

Ek kry hoendervleis op hoendervleis. Hoop dit stig jou soos vir my!!!

Net nadat ek dit uitgestuur het kry ek hierdie getuienis al die pad van Somerset Wes af:

Danie, ek het nie net hoendervleis geword nie. Ek het koud geword....ek het dieselfde ondervinding gehad. Maar ek het gedink ek het gedroom. Dit was op die 29ste Oktober om 19:30. Ek het op die stoep buite in 'n ou riempie stoel neergesink omdat ek so moeg was. Gewag dat my hond klaar eet. Ek sit gewoonlik by hom om te eet.
Toe dag ek ek het aan die slaap geraak. Want ek sien 'n vrou in wit geklee daar staan. Sy is mooi. Ek hou van haar. Toe gee sy vir my 'n bybelvers Openbaring.19: 7-9. Sy het gesê ek moet my nie meer bekommer oor die dinge van die wêreld nie, die tyd is naby God sien al die dinge raak. Maar ek moenie ophou bid nie.
Dit was asof ek vir 'n oomblik nie in daardie stoel was nie. Asof ek van iewers anders af kom.
Toe dag ek: kyk ek is so moeg ek beter gaan bad en slaap. Hier sit ek en droom op die stoep in 'n stoel. Ek het niks daarvan gemaak nie. Want ek tree die 7de November in die huwelik en ek dag my onderbewussyn hardloop rond met die huwelik op hande.
Nou lees ek hierdie getuienis. Kan dit wees dat ek dieselfde engel gesien het? Danie ek het al voorheen drome gehad van dinge wat gaan gebeur. Ek het byvoorbeeld gedroom van my oudste sussie 'n week voor haar dood, dat sy saam met my kerk toe stap en vir my sê van nou af sal ek alleen kerk toe gaan. Ek het gedroom van die swartes wat vir die leeus gevoer was drie dae voordat dit gebeur het. Ag en menige dinge.
Danie dis wonderlike nuus is dit nie!!!! Ek huil sommer want ek weet die morester sit nie meer waar dit was nie. Ek het in September agtergekom en gereken dis omdat die seisoen verander en die son skuif en die maan skuif die ooreenkomstig. Maar more oggend gaan ek spesiaal kyk...
O God is goed. Ek voel verheug om hierdie tyding te hoor. Nou verstaan ek ook hoekom dinge so vinnig in plek val in my lewe. Hoekom ek huil vir die geringste ding. Ek is broos voor God en baie keer skaam omdat ons nie die wese van God ervaar nie. Ons lewe asof ons geregtig is op nog 'n dag. Asof ons die lewe in pag het. Besef ons nie .. weet ons nie dat die eindtyd daar is nie.
Mag God aan meer mense hierdie tyding openbaar. Mag ons die harde werklikheid van God se almag ervaar. Vader weet ek bid sommer nou op die plek dat God Sy hand oor ons moet hou sodat ons gereed sal wees.

Dat twee mense duisend kilometers uit mekaar soortgelyke ervaring het is "awesome". Ongeag of jy dit vat of nie. Mag die Here se genade en vrede met jou wees en mag JY gereed wees wanneer Hy ons kom haal.

Die tyd is min en die tyd is nou. Môre behoort nie aan ons nie. Vandag behoort nie eers aan ons nie. Al wat ons het is nou. Maak die beste daarvan en kom in lyn met God se Wil en plan vir jou lewe. Lewe voluit vir Hom!!!
Twee van my vriende het in 'n oogwink geliefdes aan die dood afgestaan. Laat ons dan gereed wees, wanneer Jesus ons kom haal.

1 opmerking:

  1. Dankie vir die getuienis. Ek kan getuig dat die Woord regverdig en waar is.

    BeantwoordenVerwijderen